Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Anne Cetas

Volg ons voorbeel

Alyssa is ses jaar oud en begin nou net leer lees. Sy het dikwels gesien hoe haar ouers en grootouers soggens vroeg uit die Bybel lees. Een oggend het sy vroeg wakker geword, voor enigiemand anders. Toe Ouma opstaan, vind sy Alyssa op die rusbank in die sitkamer met haar Bybel en ’n geestelike dagboekie op haar skoot. Sy wou…

’n Fasade

Kerri probeer hard sodat mense haar kan bewonder. Sy tree gelukkig op, sodat ander dit kan sien en haar met haar vreugdevolle gesindheid kan prys. Sommige bewonder haar, omdat hulle kan sien hoe behulpsaam sy in die gemeenskap is. Maar in ’n oomblik van deursigtigheid sal Kerri erken, “Ek is lief vir die Here, maar soms voel dit asof my…

Deur Die Kruis

Daar staan ’n groot glaskruis op my kollega, Tom, se lessenaar. Sy vriend, Phil, wat soos Tom, ook kanker oorleef het, het dit aan hom gegee om hom te help om alles “deur die kruis” te sien en om hom aan God se liefde te herinner.

Dit is ’n uitdaging vir almal wat in Jesus glo, veral in moeilike tye.…

Neem die tyd

Rima, ’n Siriese vrou wat na die VSA verhuis het, het met gebaretaal en gebroke Engels aan haar dosent verduidelik hoekom sy omgekrap is. Trane het oor haar wange geloop terwyl sy ’n pragtig gerangskikte vleisbord, ’n fatayer (vleis, kaas en spinasie-tertjies) voor haar vashou. “Een man,” het sy gesê terwyl sy na die deur wys. Die dosent kon aflei…

Fluisterwoorde

Die jongman was onrustig in die vliegtuig. Sy oë het heen en weer na die vliegtuigvensters gegaan. Toe maak hy sy oë toe en haal diep asem, om homself te probeer kalmeer – sonder sukses. Toe die vliegtuig opstyg het hy begin wieg. ’n Ouer dame het hom aangeraak en rustig met hom gepraat om sy aandag af te lei.…

Gesindheid Maak Saak

Regina was op pad huis toe, moeg en moedeloos. Haar dag het afgeskop met slegte nuus van ’n vriendin en verder afwaarts gespiraal in vergaderings waar medewerkers geweier het om haar voorstelle te ondersteun. Terwyl sy met die Here praat, het sy besluit om die spanning eenkant toe te skuif en ’n ouer vriendin by ’n versorgingsoord met blomme te…

Van Wurms Tot Oorlog

Dit was die eerste keer dat die tienjarige Cleo gaan visvang het. Hy het in die blik met die aas gekyk en gehuiwer. Uiteindelik het hy vir my man gesê: “Help my, E-I-B-V-W!” Toe my man hom vra wat verkeerd is, het Cleo geantwoord: “E-I-B-V-W! Ek is bang vir wurms!” Sy vrees het hom lamgelê. Hy kon nie optree nie.…

God Doen Iets Nuuts

“Doen God iets nuuts in jou lewe?” Dít was die groepleier se vraag. My vriendin Mindy, wat moeilike situasies in die gesig staar, het gereageer. Sy het vertel van die behoefte aan geduld met haar bejaarde ouers, stamina vir haar man se gesondheidskwessies en begrip vir haar kinders en kleinkinders wat nog nie gekies het om Jesus te volg nie. Toe…